Daar is meer as een manier om Dagga te gebruik.
Dit is nie nodig om dit te rook nie.  Hier is ‘n paar maniere om dit te gebruik, insluitende rook.

Inhalasie metodes

Die Hand Pyp
Die hand pyp kom in duisende vorms voor.  Dit is ‘n baie populêre manier van rook.
Ons Suid Afrikaners ken die algemene bottel nek wat ook in hierdie groepie val.

 

 

 

 

Die “Vape”
“Vapes” veroorsaak dat die plant stof in ‘n tipe stoom verander.  Dit brand nie soos wanneer dit aan die brand gesteek word nie.  Baie mense glo dat dit baie gesonder is as om dit te rook.
Daar is meer as een soort “Vape”.  Party van hulle vat die plant self, ander vat ‘n olie wat voorberei word spesiaal vir “Vapes”.  Baie van hulle lyk soos pypies wat maklik in jou sak pas, ander is groot kan ‘n hele vertrek vol stoom blaas.

 

 

 

Die Water Pyp (Ook bekend as die Bong)
Die water pyp is eenvoudig ‘n pyp wat die rook eers deur water filtreer voordat dit ingeasem word.  Daar is duisende verskillende soorte.  Dit kan ook baie maklik gemaak word met algemene huishoudelike voorwerpe.

 

 

 

 

Die Hookah – Peace Pipe
Hierdie is ook ‘n baie populêre metode.  Meeste mense geniet die Hookah op ‘n onskuldige manier maar wanneer jy Dagga bysit word dit ‘n baie aangename manier om dit te gebruik.
Die smaak en reuk van die Dagga kan ‘n bietjie vermom word.

 

 

 

 

 

 

Die Gerolde Sigaret (Die ZOL – Die Joint)
Hierdie is ‘n kuns.  Die eerste 100 keer wat jy dit gaan doen gaan ‘n mislukking wees.  Daar is gelukkig masjientjies om jou te help.  Rokers is geneig om trots te wees op hul rol tegnieke.

 

 

 

 

Mondelinge Metodes

Tinkture
Hierdie kom gewoonlik in klein botteltjies en word onder die tong gedrup.  Dit is gewoonlik ‘n alkohol oplossing maar asyn en gliserol kan ook gebruik word.

 

 

 

 

Verteerbare Olies
Hierdie is olies wat geëet word of in kapsule vorm geneem kan word. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is RSO (Rick Simpson Oil).

 

 

 

 

Eetgoed
Daar is soveel resepte vir die lekkerste eetgoedjies.  Gaan loer gerus na ons resepte afdeling op die webwerf.  Dit is beslis een van diskreetste maniere om Dagga te gebruik.  Dit vat ongeveer ‘n uur voor dit inskop so wees versigtig as dit by hoeveelheid kom.

 

 

 

 

Salf


Dagga ekstrak kan op die vel aangewend word.  Dit het geen “High” effek nie.  Dit is baie effektief vir spier en gewrig pyne.

 

 

 

 

Hierdie artikel is vertaal en aangepas vanaf ‘n artikel op die Leafly webwerf.
Gaan lees gerus meer by:
https://www.leafly.com/news/cannabis-101/the-complete-list-of-cannabis-delivery-methods