Daar is basies 3 soorte dagga wanner dit kom by medisinale en ontspanning gebruik.

Elkeen kom met sy eie voor en nadele.

Sativa, Indica en Hybrid.

Sativa sal meestal ‘n opkikker effek hê. Goed vir dag gebruik.  Hoog in THC, Laag in CBD.
Indica sal meestal ‘n ontspannende effek hê. Goed vir nag gebruik.  Hoog in CBD, Laag in THC.
Hybrids sal moeiliker wees om te bepaal aangesien dit ‘n mengsel is van beide soorte.

In Suid Afrika is dit meestal vat wat jy kan kry en die ‘Verskaffers’ kan soms vir jou sê wat jy wil hoor maar daar is maniere om die verskillende soorte uit te ken.  Meestal met die gebruik daarvan.  Om dit met die oog of neus uit te ken is seker moontlik vir sommige gereelde gebruikers maar dit is nie maklik nie.

Hier is ‘n oulike geleende prent om die verskille uit te ken.

As jy dink dit is interessant, gaan loer na Leafly se webwerf.  Dit is wat moonlik word wanneer wette herskryf word.

Skakels na Leafly:
Sativa: https://www.leafly.com/explore/category-sativa
Indica: https://www.leafly.com/explore/category-indica
Hybrid: https://www.leafly.com/explore/category-hybrid