Dagga of Cannabis is ‘n plant wat al vir duisende jare deur die mensdom gebruik word.

Volgens Wikipedia word dit al vir ten minste 5000 jaar in Sjina gebruik en nog langer in Japan.

Cannabis is inheems tot die Sentrale en Suid Asia.  Dit is ook moontlik dat dit een van die eerste plante was wat deur ons gekultiveer is vir vesels, tou, voeding, medisyne en natuurlik vir die “High”.

MAAR…

Dit word egter ‘n bietjie interessanter as ons begin kyk na ons eie geskiedenis met die plant.

Volgens ‘n ander Wikipedia artikel, kom die woord Dagga van die Khoikhoi woord dacha af.  Dit blyk asof dagga deur die Arabiere by die Bantu volk uit gekom het en saam met hulle suid beweeg het tot hier by ons suider punt van Afrika.

Dit was blykbaar reds gewild onder die mense van Suid Afrika voor die Europeërs hier aangekom het in 1652.

Een van die gebruike was om die pyn vir vroue te verlig tydens kraam.

Volgens Hazel Crampton (‘n Skrywer) is daar vele Afrikaner resepte vir tee en kosse wat van die plantjie gemaak kan word.
Suid Afrika is ook een van die top produseerders van die Dagga plant.

Tot ou Jan van Riebeeck het van sy manne gestuur Natal toe gestuur om Dagga te gaan koop sodat hy met die Khoikhoi kan handel dryf.  Hulle het in 1680 probeer om ‘n verbod op die groei van dagga in te stel maar die feit dat dit so maklik wild groei was dit nie regtig koste effektief nie.  Die verbod was weer gelig in 1700.

In 1860 het Natal Indiese werkers begin invoer.  Hulle het hulle eie dagga gebruike saam gebring insluitende Hashish.  Die europeërs was glad nie gelukkig hiermee nie.  Volgens hulle het dit die werkers ‘lui’ gemaak. In 1870 het Natal enige gebruik van die plant verbied.  In 1891 het die Kaap en Transvaal dagga se groei en gebruik begin beheer en beperk. en die Vrystaat het gevolg in 1903.

In die Transvaal was dit egter nog normaal om dit in ‘n winkel te kan koop.    Gebruik onder blankes was egter min.  In 1920 was daar ‘n morele verwikkeling.  A’n Kameraadskap het tussen die rasse ontstaan.  Hulle het mekaar gesien as mede gebruikers van die plant.  Dit is nie die tipe ding wat lekker afgegaan het in die ‘Ou’ Suid Afrika nie.

Teen 1922 was daar wette teen gewoonte vormende dwelms, teen 1923 was dagga op die verbode dwelm lys saam met middels soos Opium.

Wêreld wyd het dinge begin verander.  Wette het al hoe strenger geword.

Wel …

Tot op 31 Maart 2017.
Op die oomblik is dagga gedeeltelik dekriminaliseerd.
Ons hou almal duim vas dat die wetgewing verder sal verander en verslap.

Vir inligting oor die Suid Afrikaanse geskiedenis van dagga, gaan loer by:
https://en.wikipedia.org/wiki/Cannabis_in_South_Africa

Daar is ‘n oulike artikel op Wikipedia wat die hele Internasionale geskiedenis, verspreiding en beperkings  van die plant verduidelik.
Lees dit gerus by:
https://en.wikipedia.org/wiki/History_of_cannabis

Ander as jy lus is vir ‘n oulike video, gaan loer op YouTube by: