Wat jy MOET weet !!!!!

Wysiging- Dagga is deur die Grondwetshof gedekriminaliseer op 18 Sep 2018 –

Dit is steeds onwettig om Dagga te koop en verkoop in Suid Afrika in elke vorm.  Dus Verkoop ons nie enige Dagga produkte nie.  Ons sal jou wel in staat stel om jou eie medisyne te maak en die wêreld van Dagga beter te verstaan.  Ons is diskreet so moet nie huiwer om te vra as daar ‘n spesifieke onderwerp is waaroor jy info soek nie.  Ons is nie dokters nie so raadpleeg asb. jou eie dokter voor jy besluit om Dagga as medisyne te gebruik.  Ek leen vreeslik informasie by ander webwerwe en ek sit skakels in sodat jy jou eie leeswerk kan doen.  Hierdie Webwerf is nie geskik vir kinders nie.  As jy jonger as 18 jaar oud is… Gaan doen jou huiswerk, of gaan speel buite of iets.