Epidiolex

Epidiolex is ‘n nuwe FDA goedgekeurde middel vir die behandeling van epilepsie.  Dit is ‘n CBD middel wat mondelings geneem word vir die behandeling van Lennox-Gastaut sindroom en Dravet sindroom in veral kinders van 2 jaar en ouer. 

 

 

So dis mos goeie nuus.
Nee, ongelukkig nie vir die wat dit regtig nodig het nie.  Die prys vir die middel is dalk te hoog vir die mense wat dit moet gebruik.  Die middel sal – afhangende van ouderdom, gewig en metabolisme van die pasient – tot $600 per week kos.

So dit beteken dat jy moet opdok vir iets wat jy in jou tuin kon gegroei het.
Ja, regtig.  Loer gou na die skakel.

Charlotte’s Web Strain

Hierdie sade kan maklik verkry word vir onder R50 per saadjie.
Met ‘n paar gesonde plantjies onder ons Suid Afrikaanse son kan jy maklik vir jouself genoeg medisyne maak om ‘n jaar of so te hou.
Dit is jammer om te sien hoe mense uitgebuit kan word.

Intussen wag ons nog steeds vir die regering om te besluit of ons maar ons eie keuses mag maak as dit kom by Dagga.

Daar is dalk tog ‘n bietjie lig in die donker tonnel.
Dagga is Skedule 1
Middels wat GEEN mediese waarde het nie.
So as die FDA dink dit is medisyne…
Dan moet dit seker herskeduleer word.
Dan kan dokters dit dalk begin voorskryf.
Miskien besluit ‘n paar van hulle dat dit nie so gevaarlike plant is nie.
Ons kan net hoop.

Hier is ‘n paar skakels vir Epidiolex.

FDA Approves GW Pharma’s Cannabis-Derived Epidiolex to Treat Epilepsy

GW Pharma Reveals Epidiolex Pricing

Kategorië: Medies

0 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Avatar placeholder

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.