Soos almal seker weet is dit nie regtig moeilik om dagga in die hande te kry in Suid Afrika nie.
Jy ken dalk reeds iemand wat ‘n gereelde gebruiker is em jy weet dit nie eers nie. Vra ,n bietjie jou vriende en familie. Jy gaan dalk nie jou oë en ore glo nie.

Een van die grootste probleme vandag vir die Suid Afrikaanse polisie mag is die swart mark vir dwelms. Die probleem is dat middels soos dagga gebruik word om allerlei onheil te pleeg. As jy dagga soek, sal die verskaffer ander gevaarlike dwelm middels ook beskikbaar hê, Hulle sal dalk ook kan deel in wapens en gesteelde goedere. Dagga is iets wat maklik beskikbaar is en maklik verkoop. Dit kan ook die geld aan die vloei hou vir die kriminele elemente.

Swaziland was nog altyd een van die grootste invoerders van dagga na S.A. Dit is ‘n baie arm land en baie Swazis is afhanklik van die groei, smokkel en verkoop van dagga vir oorlewing. Dit is ‘n ou probleem wat die SAP nog nooit kon uitsorteer nie. (Dagga is nie wettig in Swaziland nie)
Lees meer by: The weed that feeds tiny Swaziland

Wel, daar is nuus, en dit is nie goed vir die SAP (Suid Afrikaanse Polisie) nie.
Lesotho en Zimbabwe het onlangs wette in plek gestel vir die lisensiëring vir groei van dagga vir mediese en eksperimentele doeleindes.
Lees meer by:  Lesotho just granted Africa’s first legal Marijuana license
Lees meer by:  Zimbabwe just became the second country in Africa to legalise cannabis cultivation

Maar watse impak sal dit hê vir SA?
Ek dink BAIE !

Zimbabwe, Swaziland en Lesotho het geen hawes nie, hulle is ook almal arm lande. Hulle het ook (sover ek verstaan) baie gevalle van korrupsie in hulle regerings en polisiemagte. Ek dink dit is net ‘n kwessie van tyd voor die dagga begin instroom van Lesotho en Zimbabwe af soos dit op die oomblik van Swaziland af instroom.

Problematiese Dagga Verspreiding.

 

 

 

 

 

 

 

My bekommernis is nie oor die dagga self nie, maar wel dat dit vin die kriminele elemente nog nuwe vorms van inkomste kan gee. Dit kan werklik problematies wees vir SA omdat ons reeds met soveel probleme sit.

 

 

 

Ek glo dat die antwoord die volgende is:
Maak dagga wetting soos wat alkohol wettig is.
Beheer dit met soos drank winkels dit beheer. (Buite beheer van kinders)
Maak dit bekostigbaar.
Laat mense toe om hul eie te groei in klein hoeveelhede.

As jy dit in ‘n winkel kan koop, hoekom sal jy dit by die man op die straat hoek koop?
Ek gee liewer vir die regering ‘n bietjie ekstra belasting voor ek geld gee wat dalk vir vuurwapens kan gebruik work.

Wie weet watse plaagdoders en gif gebruik word om die goggatjie op die dagga dood te maak. Jy weet nie wat jy rook of in jou eetgoed gooi nie.

Vir meer inligting oor hoe wetgewing in SA kan lyk, Gaan loer gerus na:

What We Want Legal Cannabis to Look Like.


0 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Avatar placeholder

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.