Hierdie artikel is geleen en rofweg vertaal vanaf die Business Day Webwerf:

Die departement van handel en nywerheid het ondersoek ingestel na struikelblokke en geleenthede om SA ‘n aktiewe speler in die groeiende mark vir dagga te wees.

Die uitkoms van die studie sal die pad vorentoe bepaal met betrekking tot die industrialisering van die sektor, het die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, in ‘n skriftelike antwoord op ‘n parlementêre vraag deur Inkatha Freedom Party MP Narend Singh, gesê.

Nadat die studie afgehandel is, sal hy in besprekings gaan met die ministers van gesondheid en landbou, bosbou en visserye, het Davies gesê.

Die departement erken die potensiële waarde wat uit dagga en verwante produkte verkry kan word, het hy gesê.

Na aanleiding van Lesotho se voorsprong vroeër in die jaar, het die Zimbabwiese regering besluit om kommersiële produksie van dagga vir mediese en navorsingsdoeleindes toe te laat.

“Geleenthede en struikelblokke om industriële kapasiteit en vermoëns oor die medisinale en verwante produkte te ontwikkel, sal oorweeg word,” het Davies gesê.

Die fokus van die navorsing sal struikelblokke en geleenthede wees wat betrokke is by die verbouing van verskillende soorte dagga en die vervaardiging van mediese produkte deur gebruik te maak van meervoudige afleweringstelsels soos vape, spreie, tablette, olies, asook kosmetiese en gesondheidsorgprodukte soos balsems en tinkture.

Vyf kabinetsministers, insluitend Davies, en die Nasionale Vervolgingsgesag het die Davis-uitspraak op appèl na die Grondwetlike Hof geneem, maar die hof het nog nie die uitspraak oorhandig sedert sy verhoor in November nie.


0 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Avatar placeholder

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.